News

Plakker langs snelweg verwyder, kry veiliger tuiste in hawe vir dakloses

Plakker langs snelweg verwyder, kry veiliger tuiste in hawe vir dakloses

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plakker wat glo weke lank direk langs die R57-snelweg tussen Sasolburg en Vanderbijlpark in ‘n gehawende struktuurtjie gebly het, is Saterdag verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem.

‘n Foto van die plakkerstruktuur wat Vrydag op Vaalweekblad se Facebookblad geplaas is, het soos ‘n veldbrand versprei en binne enkele ure meer as 25 000 lesers bereik. Hoewel baie mense in hul kommentaar gesê het dat die man nie toegelaat mag word om langs die snelweg te bly nie, was daar ook baie simpatie vir die plakker.
Vaalweekblad het intussen vasgestel hy is mnr. David Khoza (56), wat die afgelope weke gereeld met sy besem gesien is waar hy die oorbrug oor die snelweg skoonvee in ruil vir kos of ‘n paar muntstukke van motoriste.
Mnr. Klippies Kritzinger, uitvoerende bestuurshoof van die Golden Triangle Chamber of Commerce, het die plakkershuisie vroeg Saterdagoggend saam met me. Susan Gaba, superintendent van Emfuleni se ordonansiesafdeling, besoek om die situasie met mnr. Khoza te bespreek.
Die plakker, voordat hy Saterdag na ‘n plek van veiligheid geneem is. Hoewel baie Facebook-lesers ontsteld was oor die situasie, was daar ook heelwat humoristiese kommentaar op sy kruiwa met die Blou Bul-embleem.
“Hy het homself voorgestel as ‘die generaal van Suid-Afrika’. Ons het baie menswaardig met hom gewerk en aan hom verduidelik dat hy nie daar kon bly nie en dit in sy eie belang is om na ‘n plek van veiligheid te gaan. Hy is later die oggend na die Saul Tsotetsi-hawe vir dakloses geneem, waar hy behoorlike slaapplek, kos en wasgeriewe sal hê,” sê mnr. Kritzinger.
Hy bedank ook vir raadslid Gerda Senekal vir haar reëlings met Emfuleni se Sosiale Ontwikkelingsafdeling om ‘n oplossing vir mnr. Khosa se situasie te vind.
Die plakkershuisie, bestaande uit stukke staal, karton, papier, komberse en lap, is later die dag deur werknemers van die Emfuleni-munisipaliteit afgebreek en weggery.
Ondanks die hartseer omstandighede het sommige lesers darem humor in die situasie raakgesien en heelwat kommentaar gelewer op die plakker se kruiwa met ‘n groot embleem van die Blou Bulle daarop
https://vaalweekblad.com/80905/plakker-langs-snelweg-verwyder-kry-veiliger-tuiste-in-hawe-vir-dakloses/
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button