NewsNews

Die biblioteek is uiteindelik oop!

Geen boete vir jou boeke nou

 

Die Parys openbare biblioteek is uiteindelik na maande weer oop vir die publiek. Volgens die personeel het hulle Maandag weer die biblioteekdeure oopgemaak na die grendelmaande. Hulle sê dat hoewel hulle reeds al van vroeg September terug op hul pos was nadat inperkingsregulasies verslap is, daar groot skade by die biblioteek was as gevolg van diefstal van waterpype en krane. Dit kon vandeesweek eers herstel word en kon hulle nie dienste lewer aan die publiek alvorens die herstelwerk gedoen was nie. Vandalisme is ook die rede waarom die Tumahole biblioteek steeds gesluit is, maar Schonkenville biblioteek het reeds in September weer oopgemaak is verneem.

Inwoners kan gratis boeke uitneem by die Parys openbare biblioteek. Bring net afskrifte van jou ID en bewys van adres saam om aan te sluit by die biblioteek. Daar sal ook geen boetes wees vir boeke wat laat is weens die grendelmaande nie, en kan mense boeke wat nog in hul besit is terugbring tot einde Desember sonder om boete te betaal. Die biblioteek is oop weeksdae van 09:00 tot 17:00 en gesluit oor die etensuur tussen 13:00 en 14:00.

Naas boeke kan jy ook tydskrifte, uitneem sowel as musiek cd’s en kan jy hier ook gratis van die rekenaars gebruik maak wat veral deur leerders en studente gebruik word wat geen ander toegang tot die internet het nie. 

Jy moet egter jou masker dra as jy in die biblioteek is en slegs 5 mense op ‘n slag word in die biblioteek toegelaat. Elke biblioteekgebruiker het slegs 30 minute tyd in die biblioteek waarna ‘n volgende gebruiker ‘n beurt sal kry. Jy mag dus tans nie in die biblioteek sit en lees soos in die verlede nie. Die kinderhoekie met opvoedkundige speelgoed waar kinders in die verlede ure se pret gehad het, is ook nog gesluit weens Covid-regulasies. 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button