NewsNews

Vrou wat glo Britse man vermoor, lyk verkool wil vir borgtog aansoek doen

Vrou wat glo Britse man vermoor, lyk verkool wil vir borgtog aansoek doen

 
VEREENIGING. – ’n 59-jarige vrou van Walkerville wat glo ’n Britse man vermoor en sy lyk verkool het, wil om borgtog aansoek doen tydens haar volgende hofverskyning in Desember.
Zaheera Boomgaard het Vrydag weer vlugtig in die streekhof in Vereeniging verskyn. Sy het ’n blou broek, ligte grys trui en poeierblou gesigmasker gedra toe sy in die hof verskyn het en het soos met die eerste verskyning weer ’n pienk sak in die hand gedra.
 
Boomgaard se regsverteenwoordiger mnr. Netshivera, het streeklanddros Retha Willemse vir uitstel gevra sodat hy met sy kliënt oor aspekte van die borgaansoek kan konsulteer.
Die saak is tot 1 Desember uitgestel.
 
Boomgaard word onder meer van moord, ontvoering, diefstal en bedrog aangekla.
Boomgaard is op 9 Oktober in hegtenis geneem.
 
Sy word van die moord op Jamnadas Harkant Nathvani (71), ’n Britse man wat sedert Mei vermis is, sowel as die van Lynette Mustapha, ’n vriendin aangekla.
Nathvani het na bewering aan die begin van die jaar na Suid-Afrika gereis om ’n vriendin in Newcastle in KwaZulu-Natal te gaan ontmoet.
Hy het in Johannesburg geland maar op pad na Newcastle vermis geraak.
Nathvani is glo die laaste keer op 22 Februarie gesien toe hy ’n bus van Parkstasie in Johannesburg na Newcastle gehaal het.
Sy dogter het onraad vermoed, navraag begin doen en die polisie gevra om te help.
Nathvani se verkoolde lyk is in Augustus naby Walkerville gevind. Hy kon slegs aan sy tande uitgeken word.
‘n Deurbraak in die saak het glo gekom nadat die verkoolde lyk van ‘n vrou in Walkerville gevind is en as dié van Lynette Mustapha – ’n vriendin van Boomgaard – geïdentifiseer is met behulp van vingerafdrukke.
Die familie van John Naisby (83), ’n man van Tableview in Kaapstad wat in 2012 spoorloos verdwyn het toe hy gereis het om vir Boomgaard (destyds as Zaheera Wookey) te besoek, hoop dat die saak lig op die raaiselagtige verdwying sal werp.
Boomgaard is destyds oor die verdwyning ondervra, waartydens sy dit glo laat blyk het dat sy vir Naisby by die Eastgate-winkelsentrum afgelaai het.
 
https://vaalweekblad.com/80314/vrou-wat-glo-britse-man-vermoor-lyk-verkool-wil-vir-borgtog-aansoek-doen/
 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button