NewsNews

Tuinpraatjies: Reënwater of kraanwater vir jou tuin?

Tuinpraatjies: Reënwater of kraanwater vir jou tuin?

Hoewel winde en hael ’n tuin kan beskadig tydens donderstorms, is reën tydens donderstorms beslis ’n plus vir jou tuin. Die rede – weerlig help om stikstof by jou tuin te voeg. Plante het stikstof nodig om verskeie redes – veral om chlorofil, die groen fotosintetiese pigment te produseer. As plante stikstof kort, lyk dit geel. As die stikstokvlakke vir lang tydperke baie laag is, kan plante siek word of selfs doodgaan. Stikstof beslaan 78% van die atmosfeer, maar plante kan dit nie direk uit die lug opneem nie, omdat dit té veel energie verg om dit in ‘n vorm te kry wat die plant dit wel kan opneem. In plaas daarvan kan plante hul stikstof van ander bronne kry, in prosesse waarna wetenskaplikes algemeen verwys as stikstoffiksasie. Stikstof kan uit toegevoegde bemestingstowwe kom, die ontbing van organiese materiaal in die grond, en organismes wat atmoriese stikstof in iets bruikbaar kan omsit. Plante kan ook hul stikstof kry van hoë-energie prosesse in die atmosfeer, soos sonstraling en weerlig.

Reën tydens donderstorms kan plante help om die stikstof uit die atmosfeer te kry, en is dus by verre beter vir jou plante as kraanwater. Die geweldige hitte en druk wat weerligstrale genereer, bied genoeg energie om die atmosferiese stikstof af te breek in reaktiewe stikstof As dit met die suurstof en water in die atmosfeer meng, sal die reënwater gevolglik hoër vlakke van nitrate en ammonium bevat. Vir meer as ’n miljard weerligflitse wat jaarliks wêreldwyd voorkom, word 2 miljard stikstof geproduseer. Die totale hoeveelheid stikstof in reënval wissel afhangende van waar jy woon en die seisoen. ’n Kusgebied wat onderhewig is aan nywerheidsaktiwiteite mag groter stikstofdeposisie hê. Sodra die reëndruppels die grond bereik, plaas dit ammonium en nitrate wat deur die plante gebruik kan word in die grond, terwyl bakterieë en swamme in die grond die beskikbare stikstof verder kan transformeer in ‘n proses bekend as nitrifikasie. As jy dus nat somer donderstorms oor jou eiendom gehad het, sal jou plante nie net goeie water gekry het nie, maar ook stikstof.

Wat van ander faktore?

Om kraanwater te vergelyk wat as behandelde drinkwater voorsien word, met reënwater wat buite somerstorms val, kan moeilik wees. Dit is omdat sommige kraanwater meer alkalies (’n hoër pH) of souter (hoë ioniese sterkte) is as ander. Langdurige water met hoër vlakke van chloried (en in ’n minder mate fluoried), kan ook die plant verhinder om beskikbare nitraat op te neem. Plante kan boonop verrassend benadeel word deur hoë vlakke van natrium in somme drinkwatervoorrade, Verwerkte drinkwater is amper altyd ‘n swak bron van nitraat Daar is ‘n baie goeie rede hiervoor. Waterowerhede probeer almal om die nitraatinhoud van drinkwater te verminder, want hoë konsentrasies kan gevaarlik wees vir babas. Die meeste tuiniers wil ‘n effens suur pH hê, want dit maak voedingsmiddels meer bekostigbaar vir plante, en is beter vir algehele grondgesondheid. Hier kan reënwater jou vriend wees (pH 5,3). Kraanwater is meer alkalies (tussen pH 6-8,5) afhangende van waar u drinkwater verkry word. Met ander woorde sekere kraanwater kan teen jou en jou plante werk.

In ’n neutedop – wat is dan meer ideaal in volgorde van die beste na minder goed:

1. Reënwater na ’n donderstorm

2. Skoon reënwater

3. Rivierwater

4. Lae-ioniese kraanwater

5 Hoë ioniese kraanwater

6. Boorgatwater (kan sout wees).

Daar is ook ander redes waarom plante soms na die reën groener lyk. So byvoorbeeld was die reën die stof van plante se blare af.

Oor die skrywers van die bronne wat vir hierdie artikel gebruik is: Ian Wright (senior lektor in Omgewingswetenskap, Wes-Sydney Universiteit) en Jason Reynolds (navorsingsleser in Geovhemie, Wes-Sydney Universiteit)

Related Articles

Back to top button