News

Jy moet oppas vir dié slenter as jy jou motor sluit

Wees gewaarsku!

 

 

 

Wees gewaarsku!

Daar was nou weer gevalle in die dorp waar motordiewe op slinkse wyse die seine van jou motor se afstandbeheer beinvloed.

Sodra jy dan niksvermoedend wegstap van jou motor wat jy dink jy gesluit het, slaan hulle toe.

Voel aan jou motordeure of hul werklik gesluit is voor jy wegstap.

Kyk maar goed rond wat in die parkeerterrein aangaan voordat jy haastig wegstap winkel toe. Onthou misdadigers sien ook as jou aandag nie heeltemal daar is by wat jy besig is om te doen nie soos wanneer jy in jou handsak na iets loop en soek of op jou selfoon praat terwyl jy uitklim, jou motor sluit en haastig wegstap.

Moenie waardevolle items in jou motor los nie

Maak toe jou motorvensters en sluit jou deure dadelik as jy inklim.

Moenie dat iemand jou aandag probeer aftrek nie

As jou motor sukkel om te sluit moet jy maar weet daar is waarskynlik iewers n slang in die gras

Hierdie waarskuwings is al by herhaling gegee, maar asseblief SLAAN AG DAAROP

MISDAAD IS N REALITEIT  OF JY IN DiE STAD OF PLATTELAND IS. MOET NOOIT DINK SO IETS GEBEUR NIE OP KLEIN PLEKKIES NIE.

 

 

Related Articles

Back to top button