NewsNews

Drankbedryf en toerisme klink ‘n glasie op dié aankondiging

Drankbedryf en toerisme jubel ná die aankondiging

 

Daar was goeie nuus vir beide die drank- en toerismebedryf na president Cyril Ramaphosa Woensdagaand 11 November, vir die eerste keer weer sedert 16 September met Suid-Afrikaners gepraat het. Dit is wat jy moet weet van wat die president gesê het:

Ramptoestand verleng

Die ramptoestand word verleng tot 15 Desember.  Die ramptoestand sou Sondag 15 November geeïndig het.

Normale ure geld nou vir drankverkope

Dit beteken jy kan ook nou drank op Saterdae en Sondae koop, en in die week nie meer net tot 17:00 nie. Die verligting tree dadelik in werking volgens die regulasies wat Woensdagaand gepubliseer is.

Alle toeriste nou welkom

Toeriste van die sogenaamde rooi lys van lande, wat nie voorheen Suid-Afrika kon inkom nie, sal nou wel die land kan besoek. Die land se grense is nou oopgestel vir besoekers onderhewig aan regulasies. Van die regulasies sluit in dat toeriste moet kan bewys dat hulle 72 uur voor hul aankoms in Suid-Afrika negatief getoets het vir Covid-19. Lande soos die VSA, Brittanje, Duitsland en Nedeland was onder meer op die sogenaamde rooi lys geplaas vir besoeke aan Suid-Afrika. Ook die regulasie het dadelik in werking getree.

Covid-Ters hulp 

Die  Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19 Ters verligting vir werkers wat tydelik afgelê is, word vir nog ‘n maand verleng en eise wat kan ook nou vir die tyd tot 15 Oktober ingedien word.

Dra jou masker, hou jou afstand DIe president het weer die belangrikheid van die dra van maskers, was van hande en hou van sosiale afstand beklemtoon, en het veral met die oog op die Feesseisoen wat voorlê gevra dat Suid-Afrikaners sal saamwerk om die risiko van die verspreiding van Covid-19 en die instel van verdere inperking te voorkom. Hy het gesê dat hy verstaan dat mense na ‘n lang jaar oor die Kersvakansie bymekaar wil kom, maar dat mense eerder in die buitelug of in kleiner groepe sal kuier. Hy het ook gesê dat hoewel dit soms irriterend is om ‘n masker te dra veral nou in die somermaande, dit ‘n belangrike manier is om die verspreiding van die virus te voorkom. Die landsvlag sal van 25 tot 29 November halfmas hang uit erkenning aan die Suid-Afrikaners wat gesterf het aan Covid-19 sowel as vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld. Suid-Afrikaners kan in die vyf dae swart armbande dra om hulde te bring aan hulle wat gesterf het, en as teken van vasberadenheid om die virus te bowe te kom, het die president gesê.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button