News

Boeties slaan die trom in Kids with Talent SA finaal

Boeties slaan die trom in Kids with Talent SA finaal

Nie een nie, maar sommer twee. Beide Jadon Smit (13) en sy jonger boetie, Rudo (9) is deur na die finale rondte van Kids with talent SA. En waar dit by musikale talent agter die tromme kom, staan Rudo beslis nie terug vir ouboet Jadon wat verlede jaar die tromme-afdeling in sy kategorie gewen het, en algeheel tweede in die instrument-kategorieë geeïnidg het. Hoe dan anders as ouboet ook jou leermeester is!

Vanjaar is inskrywings anders hanteer en moes deelnemers ’n video-opname instuur, met letterlik honderde opnames oor die land wat ontvang is. Jadon is 1 van net 5 trommers in die 14-15 jaar gategorie wat nou in die finaal teen mekaar te staan sal kom. Rudo ding mee teen nog 5 ander trommers in die finaal van die 10-11 jaar kategorie.

Die twee boeties het egter meer as trom speel in gemeen. Hulle was beide premature babas wat drie dae uitmekaar in Desember verjaar, hoewel beide eers in Februarie die volgende jaar hul opwagting moes maak. Tydens die grendelmaande was Jadon Rudo se leermeester agter die tromme.

Beide neem ook les by Berné van den Berg by Gaudium Artes. Die Kids with Talent SA finaal word van 11-13 Desember in Midrand gehou.

Parys hou styf duim vas vir dié talentvolle boeties vir wie ’n blink toekoms agter die tromme wink.

Related Articles

Back to top button