NewsNews

Vragmotors met petrolbomme op R59-snelweg bestook

Vragmotors met petrolbomme op R59-snelweg bestook

 

 

MIDVAAL. – Twee vragmotors is in puin gelê nadat hulle Saterdagaand met petrolbomme op die R59-snelweg bestook is. Die voorval het naby die Kliprivier-afrit (naby die bierfabriek) plaasgevind. ‘n Vragmotorbestuurder is ook tydens die voorval beseer. Die man is in sy femur geskiet. Een vragmotor het glo geblikte kos en die ander een stene vervoer. Brandweermanne van Midvaal en Ekurhuleni het gehelp om die brande te blus. Die pad is nou weer oop vir verkeer.

 
Lees die oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/79438/vragmotors-met-petrolbomme-op-r59-snelweg-bestook/
 
 

Related Articles

Back to top button