News

Tuinpraatjies: Krismisrose – die dorstige dames in jou tuin

Tuinpraatjies: Krismisrose - die dorstige dames in jou tuin

 

Ek het in ’n huis grootgeword waar dinge nog volgens die ou manier gedoen is en waar daar wel waarheid in “old wives tales” was. Krismisrose het letterlik die eerste “piepie” van die eerste dag van elke maand gekry! Vandag glo ek egter dat gewone tafel asyn dieselfde doel dien – om natuurlike suur in die grond te sit! Die krismisroos oftewel Hydrangea, kom oorspronklik vanaf Asië en het ’n wye simbolieke betekenis. Daar is onder meer ‘n legende van ‘n Japanese heerser wat blou Hydrangeas as geskenk gegee het aan die familie van ‘n meisie vir wie hy lief was, maar blykbaar afgeskeep het! In die 1800’s het die Engelse mans krismisrose aan dames gestuur wat hul verwerp het. Die Victoriaanse mans het weer geglo dat as dames krismisrose in hul voortuine gegroei het, die dames nooit sou trou nie.

Die woord Hydrangea spruit uit die Griekse woord vir water, hydros – baie gepas, want die dame is dors en moet gedurig water kry om haar prag te behou. Plant jou krismisroos in goeie koelte. Direkte en harde son gaan haar seermaak, asynwater so een keer per maand, en les haar dors elke dag. Maklik en natuurlik. Iets wat ek self al menige kere getoets het is koekkleursel, maar dit werk slegs as jy jou krismisroos in ’n pot plant. Blou, rooi en selfs geel koekkleursel in haar water sal sorg vir die mees unieke kleurspel op haar blomblare!  

Related Articles

Back to top button