NewsNews

Munisipale skuld? Só gaan jy nou betaal

Munisipale skuld? Só gaan jy nou betaal

 

Verbruikers wat in die verlede bloot voorafbetaalde krag gekoop het en nie ook vir hul ander munisipale dienste betaal het nie, word nou vasgevat. Dit is ingevolge ‘n sogenaamde “Revenue Enhancement Strategy/Plan” wat deur die Ngwathe Raad aanvaar is.

Behalwe vir enorme boetes vir huiseienaars wat aan kragmeters peuter, behels die plan ook dat ’n deel van die bedrag waarmee wanbetalers voorafbetaalde krag koop, voortaan aangewend sal word vir die betaling van skuld op dienste soos water, vullisverwydering en rioolgelde. Wanneer so ‘n persoon R100 se krag wil koop, sal hy byvoorbeeld R60 se kragkrediete ontvang, en R40 sal aangewend word om vir ander dienste te betaal. Die beleid sal streng toegepas word.

Verbruikers met uitstaande rekeninge kan deelneem aan ‘n skuldverligtingsproses om hul agterstallige skulde betaal te kry. ‘n Amnestieperiode van drie maande word nou van krag waartydens die helfte van ‘n verbruiker se uitstaande skuld voorwaardelik afgeskryf sal word mits hy die ander helfte betaal. Die voorwaarde is dat die maandelikse verbruikersrekening vir ‘n aaneenlopende periode van 12 maande stiptelik elke maand voluit betaal moet word. Voldoen die verbruiker nie hieraan nie, word die voorwaardelike afskrywing gekanselleer, en die volle skuld weer betaalbaar.

Vir diegene wat nie in staat is om die helfte van hul skuld eenmalig te kan betaal nie, is daar ‘n alternatief. Die helfte van so ‘n verbruiker se skuld, egter slegs die gedeelte wat dan meer as twee jaar uitstaande is, sal op aansoek voorwaardelik afgeskryf word. Die voorwaardes is tweeledig. Eerstens moet die verbruiker ‘n afbetalingsooreenkoms sluit waarkragtens die oorblywende uitstaande skuld (dus die oorblywende helfte van die ouer as twee jaar skuld en die totale jonger as twee jaar skuld) afbetaal word in 24 gelyke maandelikse paaiemente. Tweedens moet die verbruiker terselfdertyd sy maandelikse verbruikersrekening vir ‘n aaneenlopende periode van 12 maande stiptelik elke maand voluit betaal.

Rente sal nie gehef word op agterstallige skuld solank die afbetalingsooreenkoms nagekom word nie. Verbreek die verbruiker enige van die voorwaardes word die afskrywing gekanselleer en die volle skuld met rente weer betaalbaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button