News

Polisie soek na ontvoerde baba

Polisie soek na ontvoerde baba

 
 
Volgens kapt. Aafje Botma, polisewoordvoerder, het die twintigjarige ma op 3 November in Ventersdorp ʼn vrou ontmoet wat haar as ʼn werknemer van SASSA voorgestel het. Sy het aangebied om die ma met haar baba se geboorteregistrasie te help. Die vrou het die ma die volgende dag ontmoet en hulle het saam in ʼn taxi van Ventersdorp tot in Potchefstroom gery.
 
By die taxi-staanplek het ʼn rooi Toyota Tazz op hulle gewag. Die bestuurder van die voertuig het by verskeie plekke in Potchefstroom aangedoen voordat hy by ʼn winkel op die hoek van Kock en Chris Hanistraat gestop het. “By die winkel het die SASSA-vrou vir die ma gevra of sy honger is.
 
Sy het vir haar R20 gegee om skyfies te koop en toe die ma uitkom, was die Tazz weg”, sê kapt. Botma. Die polisie ondersoek tans ʼn saak van ontvoering. Enige persoon met meer informasie kan die ondersoekbeampte, ao. Jaco Jonker by 082 568 9036 skakel.
 

Related Articles

Back to top button