News

Troosdiens vir Romy gehou

  ‘n Troosdiens om die lewe van Romy Masson te vier, sal Woensdag 11 November om 09:00 in Parys op die Epilepsie SA sentrumperseel in Boomstraat gehou word. Romy is Sondagaand in die ouderdom van 69 jaar in ‘n Johannesburgse hospitaal oorlede. Hy het vir baie jare die Goue Aar Bakkery in Kortstraat gehad wat …

 

‘n Troosdiens om die lewe van Romy Masson te vier, sal Woensdag 11 November om 09:00 in Parys op die Epilepsie SA sentrumperseel in Boomstraat gehou word. Romy is Sondagaand in die ouderdom van 69 jaar in ‘n Johannesburgse hospitaal oorlede.

Hy het vir baie jare die Goue Aar Bakkery in Kortstraat gehad wat hy as familie-onderneming saam met sy vrou en dogters bedryf het. In sy lewe het hy uitgereik na sovele met onder meer sy betrokkenheid by Epilepsie SA, die destydse OVV (nou VVA), Basapark, die kerke en ook as Rotariër.

In 2014 het hy verhuis na George waar hy en sy vrou, Marlene, dogter Debbie en haar gesin, die tradisie voortgesit het met ‘n Goue Aar Bakkery wat hulle ook in George geopen het. Vir Romy was dit ‘n droom wat bewaarheid is om by die see te kon aftree.

Maar sy lewenspad was anders bestem en het hy en Marlene teruggetrek na Parys in 2017 waar hulle hul by Udolpho gevestig het. Tot voor sy dood het hy nog gebak vir onder meer Bietjie Liefde en National Roadhouse. ‘n Man wie nie net bakkersbloed in sy are gehad het nie, maar wie se hart oop was om te gee – dit wat hy gehad het, maar ook sy tyd om ‘n verskil vir ander te maak.

  • Enigeen wat Romy geken het of wie se lewe hy aangeraak het, is welkom om die troosdiens by te woon. Dit sal ‘n informele geleentheid wees waar mense sy lewe kan vier.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button