NewsNews

Sussies spel ’n dubbele wen in Digispel-uitdaging

Sussies spel ’n dubbele wen in Digispel-uitdaging

 

Blitsige vingers op die rekenaarsleutelbord, hul liefde vir lees en raakspel.

 

Dit was die wenresep vir twee sussies van Parys, Karisa en Inke Nortman, wat albei met die eerste plekke in hul onderskeie kategorieë in vanjaar se landwye ATKV DigiSpel kompetisie spog. Inke het 100% behaal in die graad 2-3 kategorie, en Karisa 96,6% in die graad 4-5 kategorie, met albei wat nie net die akkuraatste en blitsigste die flitswoorde kon tik nie, maar ook die veelkeuse vrae korrek kon antwoord. Dit boonop teen die horlosiewyser.

Tydens inperking het Inke baie getrou die leesprogram gevolg wat Parys Primêr vir leerders en ouers bekendgestel het via hul amptelike kommunikasiekanaal. Met dié program moes flitswoorde oorgetik word en het Inke se vingertjies sommer gou die sleutelbord leer ken.

Karisa het weer die afgelope maande haar hand aan skryfwerk gewaag en is fluks besig om haar eie werklikheidsfantasie op die rekenaar te skryf. Die skrywery het ook haar tik- en spelvaardighede ’n goeie hupstoot gegee. Karisa vertel dat haar boek gaan oor ’n dogtertjie wat ’n ‘snow globe’ koop en telkens wanneer sy aan die gloeilampie raak, neem dit haar na ‘n towerland met vele avonture waar tyd stilstaan.

Albei sussies is leerders van Parys Primêre skool.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button