NewsNews

Gewapende roof: Weet wie jy in jou huis toelaat

Gewapende roof: Weet wie jy in jou huis toelaat

 

Die polisie waarsku huiseienaars baie ernstig om seker te maak jy weet wie jy in jou huis toelaat. Die afgelope week het vier mans gewapen met ‘n mes, ‘n huishulp in Saligna met ‘n slim storie oortuig om vir hulle die deur oop te maak. Die rowers het toe die huis- en tuinhulp vasgemaak. Hulle is weg met verskeie elektroniese toerusting, het die polisie gesê. Die rowers is steeds soek. Onthou om, sou jy ’n kontrakteur na jou huis stuur vir herstelwerk, bouwerk of ander nutstake, jy jou huishulp, kinders of diegene wat sal tuis wees, moet inlig oor wie jy verwag en min of meer hoe laat die persoon verwag kan word. Maak seker jy vra die persoon om sy/haar bewys van identiteit of maatskappy aanstellingsertifikaat te wys, of skakel die instansie deur wie die persoon gestuur is direk om seker te maak hulle is bewus van die persoon wat uitgestuur is na jou huis. Moenie val vir slim slenters om toegang tot jou huis te kry nie – ook nie vir hulle wat die badkamer wil gebruik nie. As jy onseker is, moenie oopmaak nie, of vra verwysingsnommers wat jy kan nagaan.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button