NewsNews

Dis genadereën

Boere juig oor die reën

Terwyl nog reën vandag en môre vir Parys voorspel word,  juig boere oor die reën wat die afgelope naweek in Parys en distrik geval het. In die dorp self is 30mm Saterdag gemeet, wat die totale reënval vir Oktober gemeet in Parys, op 47mm te staan bring.

November het vir Parysenaars begin met 42mm reën wat Sondag gemeet is. Vir sommige boere in die distrik was daar selfs  80mm  en meer reën oor die naweek gemeet en word die laaste voorbereiding van die lande gedoen om te begin plant. Vir die distrik is dit hoofsaaklik mielies, sojabone en sonneblom wat geplant sal word.

Berigte van wydverspreide reën is ook ontvang van Vereeniging, Koppies, Heilbron, Vanderbijlpark, Vredefort en Fochville, sê Kobus Dannhauser, voorsitter van die Parys Distrikslandbou-unie

* In die Koppies-distrik is 80mm oor die naweek gemeet, terwyl net oor die 50mm in die Vredefort-distrik gemeet is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button