NewsNews

Laaste kans om Steve Hofmeyr kaartjies te wen

Laaste kans om Steve Hofmeyr kaartjies te wen

Die afgelope twee weke het twee gelukkige wenners elk kaartjies vir Steve Hofmeyr se optrede in Parys op 7 November ontvang. Vandeesweek staan nog twee lesers die kans om kaartjies vir die konsert te wen. Dit is so maklik as om die advertensie van die Steve Hofmeyr-konsert in hierdie week se Gazette uit te knip en tesame met jou naam en telefoonnommer en die antwoord op die vraag: Waar tree Steve Hofmeyr op 7 November op, in die houer te gooi wat beskikbaar sal wees by die SPCA Charity Shop in Philipstraat, Parys (reg oorkant Pick n Pay).

Die wenners wat die vraag korrek kan antwoord, sal telefonies in kennis gestel word en moet die kaartjies dan by die SPCA Charity Shop afhaal.

Die wenners van die vorige trekkings is: Suzette Reyneke en Elma Matthysen. Om kaartjies vir die konsert te koop, skakel 072 837 5434.

Kaartjies kan ook by Parys Info, die SPCA Charity Shop of by die AfriDome gekoop word.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button