News

KYK: R59-snelweg tot stillstand geruk om die kollig op plaasmoorde te werp

KYK: R59-snelweg tot stillstand geruk om die kollig op plaasmoorde te werp

HENLEY ON KLIP.- Honderde mense het Sondagoggend 25 Oktober die R59-snelweg tot stillstand geruk om bewustheid ten opsigte van plaasmoorde te skep. ‘n Konvooi van stadig bewegende voertuie het by Lazer Fast buite Henley-on-Klip byeengekom en baie stadig in ’n kovooi tot by Redan gery, waar hulle omgedraai het en na die beginpunt teruggekeer het. Plaakkate met slagspreuke soos “Stop Plaasmoorde!” en wit kruise wat op voertuie gemonteer is was volop.

  • Ook in Parys is vanoggend ‘n optog en erediens gehou vir hulle wat gesterf het in plaasaanvalle. Daar is vanaf die brandweerstasie met die dorp se hoofstraat langs beweeg tot by die AfriDome waar ‘n erediens gehou is ter nagedagtenis aan hulle wat in plaasaanvalle gesterf het. Die diens is gelei deur past. Broodryk. 
  •  

 

Die foto’s hieronder is deur Christiaan Cloete op die R59 geneem. Foto’s Facebook
Ruan Prinsloo n DC Pretorius het aan die optog deelgeneem. Foto: Christiaan Cloete
Deelnemers aan die massarit teen plaasmoorde. Foto: Christiaan Cloete
Deelnemers aan die massarit teen plaasmoorde. Foto: Christiaan Cloete
Sophia Harmse van Randvaal met twee kruise wat op die voertuig gemonteer is om bewustheid ten opsigte van plaasmoorde te skep. Foto: Christiaan Cloete
Deelnemers aan die massarit teen plaasmoorde. Foto: Christiaan Cloete

https://vaalweekblad.com/77908/kyk-r59-snelweg-tot-stillstand-geruk-om-die-kollig-op-plaasmoorde-te-werp/

Related Articles

Back to top button