News

Vermoorde tienermeisie se vriend voor hof

Vermoorde tienermeisie se vriend voor hof

Die liggaam van Edwinah Bolosha, ’n tienermeise van Schonkenville, is Donderdag sowat ’n kilometer van haar ouerhuis in ’n oop stuk veld by die begraafplaas onder ’n hoop klippe gevind.

Die 15-jarige meisie se vriend moes Maandagoggend op aanklag van moord in die landdroshof in Parys verskyn. Hy is 26 jaar oud, het brig. Motantsi Makhele gesê. Die meisie is na bewering die laaste keer op 10 Oktober om 20:00 deur haar oom, Gert Malapisang, gesien toe sy by vriende sou gaan oorslaap. Volgens Gert het hulle eers onraad vermoed toe sy teen die Woensdag steeds nie by die huis was nie.

Sy is die Donderdag by die polisie as vermis aangemeld nadat een van haar tekkies en haar trui vol bloed in die veld gevind is. Die polisie het leidrade opgevolg en haar liggaam is kort daarna gevind. Die oorsaak van haar dood sal met die lykskouing bepaal word. Volgens die voorlopige polisie ondersoek is Edwinah die laaste keer saam met haar vriend gesien. Edwinah was die jongste van twee kinders van haar ouers, Hendrik en Evelina.

Volgens Edwina se oom was dit nie die eerste keer dat sy vir dae van die huis af weggebly het sonder om haar ouers te laat weet nie. Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, lt.genl. Baile Motshenyane, het in die lig hiervan ouers en voogde gevra om nie die belangrikheid daarvan te ignoreer om die verdwyning van kinders sonder verwyl by die polisie aan te meld nie.

Sy het ook gesê soortgelyke voorvalle is in die Vrystaat gerappoteer van meestel meisies wat as vermis gerapporteer is, en wie dan dood gevind is. Hoewel sommige wel veilig gevind is, kan daar geen kanse gevat word as dit by kinders kom nie, het lt.genl. Motshenyane gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button