NewsNews

Marné: “‘As dit Sy wil is, sal sy weer hier kom sing en dans”

Net tyd sal die omvang van die skade kan bepaal

 

“Ek sal sorg dat sy hier kom staan en sing en dans as dit die Here se wil is dat sy herstel.”

Die roerende woorde is Woensdag deur Marné Prinsloo se pa, kapt. Henk Prinsloo, gesê toe lede van die AGS Sion-gemeente, Lifted,  saam met lede van die gemeenskap en Marné se vriende en familie  saamgebid het vir Marné op die paviljoen van haar alma mater, Hoërskool Parys, waar sy nog tot verlede jaar ‘n leerder was.  

Die foto is tydens Woensdag se gebedsgeleentheid geneem. Foto: Parys Gazette

Vir Marné  gaan die pad na herstel nog baie lank wees nadat sy Maandagoggend baie ernstig beseer is in ‘n motorongeluk op die h/v Unie- en Kortstraat – baie naby aan haar ouerhuis.

Met die erns van haar beserings sal net tyd kan leer wat die skade is. So het dokters by die trauma-eenheid van die Netcare Milpark-hospitaal vanmiddag, Saterdag 17 Oktober, aan haar ouers, Henk en Rhona gesê.

Marné het die oggend van die botsing in Uniestraat gery waar een van die stoptekens by die kruising met Kortstraat al vir vir ‘n geruime tyd nie daar was nie,  en  al tot verskeie ernstige botsings by dié kruising gelei het.

Die stopteken is sedertdien weer op sy plek gesit. H

aar motor het met die impak van die botsing teen ‘n boom op die sypaadjie tot stilstand gekom en het sy ernstige hoofbeserings en bloeding op die brein opgedoen.  Twee van haar rugwerwels is ook gebreek.  

Marné het vanjaar haarkappery begin studeer aan The Hair Academy of South Africa (Thasa) in Potchefstroom.

Sy is sedert die ongeluk in ‘n medies geinduseerde koma gehou maar is die sedasie van Donderdag stelselmatig minder begin maak.

Henk het met Woensdag se gebedsgeleentheid ook gesê dat hy nooit sou kon dink dat dit moontlk is om 24/7 te bid nie, en  getuig hoedat die gemeenskap se gebede en omgee hulle as gesin sedert die ongeluk,  maar ook oor die afgelope vyf jaar gedra het.

Met Marné wat vir baie lank nog in die hospitaal gaan wees, kan mense wat dalk voel om by te dra om ook op hierdie manier, ongeag hoe gering, die gesin te ondersteun, die volgende bankbesonderhede gebruik: HJA Prinsloo, Standard Bank, Parys, Spaarrekening 148067425

Dankie vir elke gebed en elke gebaar van omgee vir Marné

  • Sybil Joubert wat in die ander voertuig was, het minder ernstige beserings opgedoen en gaan dit beter met haar. 

Related Articles

Back to top button