News

Optog en erediens vir hulle wat gesterf het in plaasaanvalle

Optog en erediens vir hulle wat gesterf het in plaasaanvalle

Liezl Scheepers ’n Optog teen plaasmoorde word Sondag, 25 Oktober in Parys gehou. Die optog sal om 10:00 vanaf die veld langs die Brandweerstasie in Philipstraat vertrek en van daar sal met motorfietse en motors met Breëstraat langs beweeg word tot by die AfriDome in Allenbystraat waar ’n erediens gehou sal word ter nagedagtenis aan hulle wat in plaasaanvalle gesterf het. Enigeen is welkom om aan die optog deel te neem, maar optoggangers word gevra om hul samewerking te gee sodat die optog vreedsaam kan verloop. Mense wat navrae het oor die optog, is welkom om Antoinette by 076 738 4971 te kontak.

Related Articles

Back to top button