Van die Telkom telefoon/internetkabels wat vroeër vandeesweek vervang is na die naweek se kabeldiefstal, is sowaar weer Woensdagaand gesteel.
Dit nadat daar Sondagnag op twee plekke in die dorp Telkom kabel gesteel is. Die gevolg is dat daar gedeeltes steeds sonder internet is.
“Die diefstal gebeur reg onder ons neuse. Daarom word gevra dat mense dit asseblief onmiddellik sal rapporteer wanneer hulle iets verdags sou opmerk. Dit sluit in ‘n vreemde gegrawe op sypaadjies wat nie deur ’n duidelik identifiseerbare instansie gedoen word nie, kabelmangate wat skielik oop is, vreemde bewegings of voertuie in jou omgewing, of selfs die aanhoudende geblaf van honde in ’n sekere omgewing. Moenie die persoon wat jy sou opmerk gaan konfronteer of self gaan probeer ondersoek instel nie. “Skakel dadelik We Care by 082 629 1553, of jou naaste polisiestasie, (Parys) by 063 822 9674 en rapporteer dit,” sê Telkom. Geen inligting is ooit waardeloos nie.