NewsNews

Baba (7 weke) deur pitbulls doodgebyt

Baba (7 weke) deur pitbulls doodgebyt

VEREENIGING. – ’n Babadogtertjie van Vereeniging is dood nadat sy Sondag deur twee pitbulls dood gebyt is.

Die sewe weke oue Zané Mari is glo Sondag op pad na die hospitaal dood aan haar beserings.

Die ma het aan die dagblad Beeld vertel dat sy die babadogtertjie hoor huil en toe die honde se pote op die houtvloer gehoor het. Toe sy by die slaapkamer instap, het sy die twee pitbulls bo-op haar kind gekry.

Die kind is op 17 Augustus in die Kopanong-staatshospitaal in Vereeniging gebore en was die enigste kind van Zan-Mari van Zyl (21) en Riekert Harmse (23).

Twee honde wat by die aanval betrokke was, Peanut en Cassy, is glo aan die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig om van kant gemaak te word.

Hulle het nog ‘n pibull genaamd Max wat glo nie by die voorval betrokke was nie.

Die ouers het vertel dat hulle nooit verwag het dat die honde hul dogterjie sou aanval nie.

‘n Roudiens word more by die AGS Nuwe Begin-kerk in Vereeniging gehou.

 

Baba (7 weke) deur pitbulls doodgebyt

 

 

Related Articles

Back to top button