NewsNews

Willemse moord – twee broers en ‘n suster verskyn in hof

Willemse moord – twee broers en ‘n suster verskyn in hof

Die drie beskuldigdes wat Saterdag (3 Oktober) vir die moord op Sias Willemse (71) gearresteer is, het gister (5 Oktober) in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn.

Die drie beskuldigdes wat Saterdag (3 Oktober) vir die moord op Sias Willemse (71) gearresteer is, het gister (5 Oktober) in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn.

Drie sibbes, Meriam Mahlapa (20), Petrus Mahlapa (24) en Andries Mahlapa (28), word aangekla vir moord, huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Een van die beskuldigdes, Petrus Mahlapa, was ʼn werknemer van Willemse.

Sias Willemse is op 22 September dood in sy studeerkamer aangetref met ʼn skietwond in sy keel. Daar was ook drie dasse om sy nek gebind waarmee die aanvallers hom vermoedelik probeer verwurg het.

Volgens Tobianna Willemse, Sias se vrou, was Petrus Mahlapa in die verlede ʼn werknemer van haar man en het hy ook vir ʼn paar maande vir Stephan Willemse, Sias se broerskind, op die naburige plaas gewerk. Die familie onthou hom as “Boontjie”. Hy het reeds as tiener op die geboorteplaas gewerk en vir ekstra sakgeld gras gesny. Netwerk24 het ook berig dat Boontjie saam met ander plaaswerkers sommige Saterdae ook die gras by Willemse se huis in Potchefstroom gesny het.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het twee van die verdagtes reeds erkennings en uitwysings gemaak. Tans word videomateriaal op die dag van Willemse se moord ook ondersoek.

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena, het ao. Kevin Pretorius, van die Potchefstroomse speurtak, met sy deurbraak geluk gewens. “Die polisie sal aanhou om hard te werk om te verseker dat oortreders verantwoording doen.” Die drie beskuldigdes sal weer op Dinsdag, 13 Oktober in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn wanneer hul vir borgtog aansoek doen.

Related Articles

Back to top button