NewsNews

Oud-onderwyser só deur leerlinge vereer

Oud-onderwyser só deur leerlinge vereer

 

Vir leerders van Hoërskool Parys was mnr. Hugo Schreuder ’n simbool van empatie en kennis. Iemand met ’n ongelooflike sin vir humor. Juis om dié rede het oudleerders van die skool besluit om dié voormalige onderwyser en skoolhoof van Hoërskool Parys op spesiale manier te vereer met die stigting van die Hugo Schreuder Opvoedkundige Bystandsfonds vir behoeftige leerlinge.
“Mnr. Schreuder het oor baie jare ‘n reuse impak op duisende leerders gehad,” sê Marius du Plooy, een van die inisieerders van die fonds en self ‘n oudleerder en -oudonderwyser uit die sestigerjare.
“Hy is die mees uitsonderlike onderwyser wat ek in my lewe al ontmoet het. Hy is ook die enigste onderwyser waarvan ek weet wat byna al sy oudleerders tot vandag toe by die naam ken en onthou. ‘n Mense-mens en simbool van empatie. Dan praat ek nie eers van sy algemene kennis en skitterende sin vir humor nie.”
Du Plooy sê die fonds gee erkenning aan Schreuder se lewe, sy ingesteldheid, en die opvoedkundige- en mensgerigte impak wat hy op leerders gehad het. “Terselfdertyd gee dit ook erkenning aan alle ander soortgelyke onderwysers oor die wêreld heen.”
“Dit is uiteraard nie moontlik om vir elke skool so ‘n fonds te stig nie,” sê Du Plooy, “maar enige oudleerder van enige skool kan sy/haar onderwyser só simbolies vereer met ‘n bydrae tot die fonds.
Du Plooy vra dat bydraers ‘n maandelikse bedrag per debietorder of ‘n jaarlikse groter bedrag kan oorweeg. “Dit kan enige bedrag van jou keuse wees.”
Die rekening is dié van ‘n nie-winsgewende maatskappy en -rekening (PHS ALUMNT NPC 2016t241i270t08) wat deur direkteure en die skool bestuur word. Wanneer jy geld inbetaal, dui asb aan: “Hugo Schreuder Bystandsfonds.”
Rekeningbesonderhede: PHS Alumni NPC, FNB, Takkode: 230736, Gold Business Account: 62630905274
Alle amptelike stigtings- en direkteure-dokumentasie is beskikbaar op aanvraag by hoof@parys.co.za, of skakel die skool by (056) 811 3472. Die fonds word afsonderlik in die Alumni-state hanteer en alle bydraers het ook toegang tot die state.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button