News

Boere lewens maak saak: Duisende by hof in Senekal

"Dit stop nou!"

Boere van letterlik oral oor die land, selfs sover as die Wes-Kaap, en lede van verskeie gemeenskappe is vanoggend saamgetrek by die Senekalse landdroshof waar twee verdagtes sal verskyn vir die moord op die jong Brendin Horner. Die verdagtes is van die Fateng Tse Ntsho-woonbuurt in Paul Roux.

Teen 10:00 vanoggend was daar reeds ‘n geskatte 2 500 mense en is verwag dat nog mense by die optog sal aansluit.

Sedert die brutale moord op Horner het mense oor die hele land maar ook in die buiteland hul afsku uitgespreek teen geweldsmisdaad en spesifiek die moord op boere en hul plaaswerkers. Op sosiale media is gevra dat mense die familie van die vermoorde Brendin Horner vanoggend sou ondersteun by die Senekalse landdroshof om ‘n sterk boodskap aan die regering oor te dra dat alle lewens saakmaak – ook dié van boere.

Foto’s: Parys Gazette

²

Verskeie trekkers en ook ‘n konvooi motorfietsryers uit Gauteng is  by die optog gesien en is die boodskap duidelik – “Enough has already been enough”

Die 21-jarige Horner het presies ‘n jaar gelede as voorman by die Bloukruin-boerdery in die Paul Roux-omgewing begin werk.

Sy lyk is verlede Vrydagoggend gekry, vasgemaak aan ‘n paal, nadat hy die vorige aand vermoor is.

Die verdagtes wat vanoggend voorkom vir die moord, is onderskeidelik 32 en 43 jaar oud.

Vanoggend het ook die Gautengse voorsitter van die burgerlike organisasie, Sanco, Chris Malematja, wat by die hof is, gesê dat alle lewens saakmaak en dat daar nie eenkant gestaan kan word as mense ander mense doodmaak nie.

Vrystaat Landbou het Sondag reeds gesê die organisasie eis daadwerklike optrede eerder as lippetaal van die regering. Hoewel minister Thoko Didiza se veroordeling van die moord verwelkom is, is gesê dat meer nou nodig is, as ‘n ‘jammer’.

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button