News

Watertragedie eis die lewe van ‘n kind

Watertragedie eis die lewe van 'n kind

 

‘n Veertienjarige kind het op 16 September verdrink nadat hy saam met maats by dié gwarriegat langs die Doverpad naby Parys se munisipale stortingsterrein geswem het. Die gat is sowat 3m diep. Die kind se liggaam is deur sers. Campbell van die polisie se duikeenheid in Bloemfontein uit die water gehaal.

Op die foto is ao. Holtzhausen van die Sasolburgse honde-eenheid in die water terwyl daar nog na die liggaam gesoek is. Die voorval het die middag omstreeks 14:00 gebeur.

In 2017 het ’n 8-jarige meisie ook hier verdrink toe sy en ’n groep maats die middag hier baljaar het. Destyds is aan Gazette gesê dat verskeie konstruksiemaatskappye hier grond uitgrawe, en was die gemeenskap ontsteld omdat kinders nie bewus is van die gevaar nie.  

Related Articles

Back to top button