NewsNews

Eskom wys vinger na munisipaliteit oor beurtkrag herrie

Eskom wys vinger na munisipaliteit oor beurtkrag herrie

Eskom het onlangs die vinger na die JB Marks Munisipaliteit gewys nadat verskeie inwoners oor die implementering van beurtkrag in Potchefstroom gekla het.

 

Eskom het onlangs die vinger na die JB Marks Munisipaliteit gewys nadat verskeie inwoners oor die implementering van beurtkrag in Potchefstroom gekla het. Potchefstroom Herald het verlede week daaroor berig. Volgens Eskom toon hulle skedules dat almal wat deur Eskom van krag voorsien word, se krag tydens beurtkrag af was. “In die geval waar ‘n munisipaliteit ‘n lisensie het om elektrisiteit te verskaf, moet die spesifieke munisipaliteit beurtkrag implementeer soos nodig,” het ‘n woordvoerder van Eskom gesê. Ontstoke inwoners van veral Miederpark en die Suiddorp het Potchefstroom Herald twee weke gelede geskakel omdat gebiede soos Grimbeekpark, Vanderhoffpark en Bailliepark se krag volgens hulle nie tydens Potchefstroom se geskeduleerde beurtkragtye af is nie. Volgens Jeanne Adriaanse, wyksraadslid, gaan gedeeltes van Grimbeekpark ook tydens beurtkrag af. Verdere navrae is na die munisipaliteit verwys. Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, het die munisipaliteit verskeie kere Eskom versoek om almal se krag tydens beurtkrag af te sit. Voglens hom is die rede daarvoor dat dit makliker is om almal se krag aan en af te sit. Dit verminder ook die risiko van toerusting wat faal. “In die verlede het Eskom ons versoek eerbiedig. Onlangs was daar twee gevalle waartydens Eskom nie alle punte af geskakel het nie. Ons het dit met Eskom se kliëntediensafdeling opgeneem,” het Maphosa gesê. Beurtkrag word vir sowat drie weke nie meer in Suid-Afrika

geïmplementeer nie. 
 
 
 

Related Articles

Back to top button