NewsNews

Blesbok in swembad betrap

Dis warm daarbuite!

Dit is lekker warm en die tyd het aangebreek dat mens lekker in en om die swembad kan ontspan … en dit wil voorkom of ander spesies ook so dink.

Edwin Haasbroek van Anchor Ranch so tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike foto aan Gazette se susterskoerant,  Vaalweekblad gestuur. Hy sê hy het op die blesbok afgekom wat besluit het om in die swembad af te koel en toe nie weer kon uitkom nie.

 

Edwin help toe maar die bok uit die swembad asof dit maar net nog ‘n alledaagse taak is, en “verduidelik” hom hoe om sy pad terug te kry na die res van die bokke. Die was ook nie die eerste besoeker wat in die swembad gaan afkoel het nie. Edwin sê ‘n vorige keer het een van beeste ‘n “dip” gaan vat en self weer uitgeklim ook

 
https://vaalweekblad.com/74562/video-blesbok-in-swembad-betrap/
 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button