NewsNews

Loots-egpaar se aanval was deur werker

Loots-egpaar se aanval was deur werker

Die Loots-egpaar van Sasolburg wat Dinsdagaand by hul huis oorval en erg aangerand was, se aanvaller was ‘n werker by hul familie-besigheid, Loots Vervoer. Die man het nie eens die moeite gedoen om sy identiteit weg te steek nie, wat die vermoede skep dat dit waarskynlik sy plan was om hulle dood te maak.

Die werker (27) het die egpaar, Rina (73) en Hannes (72), by hul woning op die Wonderfonteinpad ingewag. Hy het ‘n karavaan oopgebreek en waarskynlik die hele dag daarin weggekruip terwyl hy hulle ingewag het. Die Lootse het net voor 18:00 by die huis opgedaag. Hulle het niksvermoedend die alarm afgeskakel en inkopies by die huis begin ingedra toe die aanvaller, gewapen met ‘n braaivurk op hul afstorm. Hy het onmiddelik tot geweld oorgegaan en Rina is met die braaivurk deur die hand gesteek terwyl sy probeer keer het.

Hannes jnr. (29 jarige kleinseun) het in ‘n onderhoud met Vaalweekblad gesê dat die hele gebeurtenis sowat ‘n halfuur geduur het. ‘n Halfuur van hel vir Rina en Hannes! Die aanval was gewelddadig en Rina is aan haar hare gesleep, verwurg en geskop. Die aanvaller het skoene met staalpunte “safety boots” aan gehad. Hannes wat tussenbeide getree het om sy vrou te probeer beskerm is ook erg aangerand en geskop. Hy het egter terwyl hy op die grond gelê het, daarin geslaag om die aanvaller se bene onder hom uit te ruk, waarna die aanvaller op die vlug geslaan het. Die aanvaller het met Hannes se selfoon en ‘n groot bedrag geld (glo R70 000) wat Hannes deur die loop van die dag van ‘n kliënt gekry het, weggekom.

Volgens Hannes jnr. was die nooddienspersoneel vinnig op die toneel en baie professioneel. Sy grootouers moes egter amper 45 min tot ‘n uur in die ambulans wag totdat die polisie uiteindelik op die toneel opgedaag het. Hulle is daarna na die Midvaal Privaat Hospitaal in Vereeniging geneem waar albei in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Hulle is intussen na ‘n gewone saal oorgeplaas.

Hannes jnr. het verder vertel dat die aanvaller se pa ook ‘n jarelange werker by Loots-vervoer is. “Die pa het ons die oggend gesê dat sy seun nie by die werk gaan wees nie. Hy het glo die vorige aand sy eie broer tydens ‘n argument met ‘n mes gesteek en daarna vir die gereg weggekruip. Die arme pa was so geskok om te hoor van die aanval deur sy seun op my oupa en ouma dat ek hom moes huistoe stuur om oor die skok te kom.” vertel Hannes jnr.

Die verdagte is nog nie vasgetrek nie. Daar word versoek dat enigeen met inligting kapt. Jan Opperman by 084 409 7003 kontak.

Rina Loots (73) is erg beseer en is onder meer met ‘n braaivurk deur die hand gesteek terwyl sy probeer keer het. Foto’s: Verskaf

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Loots-egpaar se aanval was deur werker

Related Articles

Back to top button