NewsNews

Vragte vol rommel langs rivieroewers opgetel

Vragte vol rommel langs rivieroewers opgetel

Vragte vol rommel, wat oor jare langs die oewers van die Vaalrivier gestrooi is, is Dinsdag opgetel en weggery. Die organisasie Proudly Three Rivers het die afgelope paar dae ingespring om die Sam Gross Jetty, Vosloopark en ander gebiede langs die rivier skoon te maak.

  Die organisasie Proudly Three Rivers het die afgelope paar dae ingespring om die Sam Gross Jetty, Vosloopark en ander gebiede langs die rivier skoon te maak.

 

Die organisasie is deur ’n groep plaaslike sakemanne op die been gebring om die agteruitgang van Drie Riviere stop. Volgens Kobus Ferreira van Proudly Three Rivers is dit skrikwekkend om te sien hoe min mense vir die omgewing omgee.

 
 
 

Hy reken sommige van die rommel is jare gelede daar gestrooi en net so gelos aangesien van die bottels wat hulle opgetel het nie meer op die mark beskikbaar is nie. Dit is alles deel van ‘n poging om gebiede langs die rivier, wat oor die afgelope paar jaar sleg agteruit gegaan het, weer mooi te laat lyk. Die Emfuleni Plaaslike Munsipaliteit het onlangs ‘n poging aangewend om van die onwettige plakkers uit Vosloo Park te verwyder, maar dit blyk of heelwat van die plakkers binne ‘n paar dae teruggetrek het. *Volgens die nie-winsgewende drukgroep Ocean Conservancy, beland daar jaarliks 8 miljoen ton plastiek in die see waar dit ‘n bedreiging vir seelewe inhou.  

Sello Ranoto, Simba Ngwenya en Tshepo Keenia help om rommel by die Sam Gross Jetty op te tel. Foto: Christiaan Cloete
Honderde glasbottels is langs die Vaalrivier gevind waar ‘n kolonie van onwettige plakkers vir jare lank toegelaat is om te plak. Foto: Christiaan Cloete
Proudly Three Rivers het ‘n stootskraper laat kry om bourommel wat naby die Sam Gross Jetty gestrooi is op te ruim. Na bewering het die eienaar van ‘n nabygeleë eiendom ‘n swembad gegrawe en die sand in die park gestrooi. Foto: Christiaan Cloete
Gebiede langs die Vaalrivier, soos Spider Valley tussen Vereeniging en Vanderbijlpark, het oor die afgelope paar jaar in onwettige stortingsterreine ontaard waar ryk en arm inwoners skaamteloos hul rommel strooi. Die gebied was vroeër ‘n gewilde piekniek, visvang en kuierplek wat skoon gehou is. Foto: Christiaan Cloete
Vragte vol rommel is Dinsdag uit Vosloo Park verwyder. Foto: Christiaan CloeteHier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vragte vol rommel langs rivieroewers opgetel

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button