News

Tiener vas na moord op kleuter

Tiener vas na moord op kleuter

‘n 16-jarige seun het vandag (22 September) in die Bloemhof landroshof verskyn op aanklagte van moord op ‘n vier-jarige dogtertjie.

‘n 16-jarige seun het vandag (22 September) in die Bloemhof landroshof verskyn op aanklagte van moord op ‘n vier-jarige dogtertjie.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone is hy gister (21 September) in hegtenis geneem.

“Hy is deur ‘n plaaslike pastoor aan die polisie oorhandig nadat hy glo erken het dat hy ‘n jong dogtertjie vermoor het, en haar lyk in die bosse naby Boitumelong gelos het. Die ondersoek duur voort,” het Mokgwabone gesê.

Die vier-jarige dogtertjie is Sondagmiddag as vermis aangemeld. Volgens Mokgwabone het sy saam met ander kinders buite haar ouers se huis gespeel toe sy weg geraak het. Inligting is later ontvang dat sy saam met ‘n man langs die N12 naby Boitumelong gesien is.

Die tiener sal na verwagting weer op 14 Oktober in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button