News

Het jy hulle vandag in Parys gesien?

Mustangs op 'n ry

Parys het die naweek uit sy nate gebars en is besoekers met ope arms met eg Vrystaatse hartlikheid in die dorp verwelkom.

Vanoggend was daar boonop die bonus van die gebrul van enjins met 20 blink Mustangs in die dorp se hoofstraat. Die Mustang eienaars is almal deel van die Gauteng Mustang Club met sy 104 lede.

Hulle doen maandeliks ‘n ”breakfast run” en vandag se besoek aan Parys was ‘n eerste vir dié klub wat vanoggend by Jimmy Jaggers gekuier het.

John Wheadon, eienaar van die P51 Mustang saam met Teresa Esterhuyse, voor Jimmy Jaggers. 

 

 

Related Articles

Back to top button