News

Brand vernietig eeu-oue stasiegebou

ʼn Brand wat Saterdagaand (19 September) by die stasiegebou in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom ontstaan het, het dié historiese gebou (1919) in puin gelê. ʼn Brand wat Saterdagaand (19 September) by die stasiegebou in Piet Bosmanstraat ontstaan het, het dié historiese gebou (1919) in puin gelê. ʼn Transnet sekuriteitswag, Lawrence Mtshali, wat om 23:55 eenkant verslae …

ʼn Brand wat Saterdagaand (19 September) by die stasiegebou in Piet Bosmanstraat, Potchefstroom ontstaan het, het dié historiese gebou (1919) in puin gelê.

ʼn Brand wat Saterdagaand (19 September) by die stasiegebou in Piet Bosmanstraat ontstaan het, het dié historiese gebou (1919) in puin gelê.

ʼn Transnet sekuriteitswag, Lawrence Mtshali, wat om 23:55 eenkant verslae toegekyk het hoe die brandweermanne nog vlamme in die gebou blus, het aan die Herald vertel dat hy rondom 23:00 gesien het die dak van die stasiegebou is in vlamme. “Dit is verskriklik! Ek was in die kantoor en het eerste die rook geruik. Toe ek buitentoe gaan was die dak aan die brand. Ek het dadelik vir my kollega gesê om die brandweer te bel”, sê hy. Die brandweer was dadelik op die toneel. Teen 00:20 was die brand onder beheer en was brandweermanne nog besig om vlamme blus.

Brandweermanne het na middernag nog vlamme in die gebou geblus. Foto: Venessa van der Westhuizen

Leroy Pretorius, ʼn operasionele divisie offisier van die plaaslike brandweer, het gesê toe die brandweer op die toneel opgedaag het, was die dak van die gebou reeds ingeval. Hy sê dit is onmoontlik om te bepaal wat die oorsaak van die brand is en dat die brandveiligheidsafdeling Sondag en Maandag die toneel sal besoek om ʼn ondersoek te loods. “Dit is ʼn tragiese gebeurtenis! Dit is geskiedenis van die dorp wat weg is!”, het hy gesê.

Potchefstroom het 123 jaar gelede in 1897 vir die eerste keer ʼn spoorverbinding tot in Krugersdorp gekry. Die eerste stasiegebou was uit hout en sink gebou en in 1919 is dit gesloop om plek te maak vir ʼn steengebou wat in ʼn Kaaps-Hollandse boustyl gebou is.

Die stasiegebou was selfs in die tagtigerjare nog ʼn miernes van bedrywigheid. Op 28 Julie 1987 het die Herald berig dat 441 mense die treinstasie beman het. Volgens die berig was die stasie in daardie stadium só besig dat daar daagliks tussen 96 en 125 treine deur Potchefstroom gery het. Die personeel het daagliks 297 kg pakkies en meer as 180 briewe ontvang.

Dit is die tweede historiese gebou in Potchefstroom wat hierdie jaar in ʼn brand vernietig is. Die offisierswoning wat op Witrand se terrein geleë is en nagenoeg 107 jaar gelede deel was van ’n Britse militêre kamp in Potchefstroom, is Vrydagmiddag, 17 Julie in ‘n brand vernietig.

Related Articles

Back to top button