NewsNews

Bejaardes moet versigtig wees

Bejaardes moet versigtig wees

Die polisie waarsku bejaardes om versigtig te wees vir mense wat hul goedhartigheid wil misbruik en om nie sommer vreemde mense in hul huis toe te laat nie.

Volgens die polisie in Carletonville is twee voorvalle verlede week aangemeld waartydens ‘n groep skelms hulpvaardige bejaardes op die dorp besteel het. In die eerste voorval op 7 September het ‘n netjies geklede man en vrou in ‘n donkerbruin motor voor die huis van ‘n bejaarde vrou in Tungstenstraat gestop. Hulle het met die vrou, wat in die tuin besig was, begin gesels. Hulle het met haar oor haar seun se dood gesimpatiseer. Die vrou in die motor het toe gevra of sy die badkamer kan gebruik. Hulle het daarna gery. Toe die bejaarde vrou ‘n bietjie later weer terug in die huis was, het sy agtergekom dat haar ringe en kontant weg is. In nóg ‘n voorval in dieselfde area twee dae later, het ‘n netjiese man en vrou voor die huis van ‘n bejaarde in Eureka Park, wat ook toevallig buite besig was, gestop. Nadat hulle ‘n paar minute met haar gesels het, het die vrou gevra of sy die bejaarde se selfoon kan leen omdat haar foon sukkel om te bel. Nadat die bejaarde haar foon aan die vrou oorhandig het, het die hulle daarmee weggejaag. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button