NewsNews

Vermiste man (35) se lyk by Vaaldam gevind

Vermiste man (35) se lyk by Vaaldam gevind

SASOLBURG. – Daar is die afgelope naweek wyd en syd na Ryno van Niekerk (35) gesoek, maar die hartseer einde is dat sy lyk Sondag gevind is. Ryno se familie het Saterdag onraad vermoed en ‘n soektog is van stapel gestuur. Daar is op sosiale media boodskappe en foto’s van Ryno gedeel en sy familie het in hospitale na hom gesoek, maar sonder sukses.

Hy is voor sy verdwyning in die industriële gebied van Sasolburg gesien waar hy by ‘n vriend sou oornag. Hulle het na bewering egter stry gekry, waarna Ryno geloop het. Hy sou Sondag saam met sy ma na Ruimsig gaan waar hy Maandag met ‘n nuwe werk sou begin. Intussen het ‘n lid van die K9 Soek- en Reddingseenheid van Sasolburg wat Sondag by die Vaaldam na twee ander vermiste mans gesoek het, op Ryno se lyk afgekom.Hy het iets op die dam sien dryf en by nadere ondersoek gesien dat dit ‘n slaapsak is wat toegerits is. Toe hy die slaapsak oopmaak, het hy Ryno se lyk met ‘n steekwond in sy bors gevind. Daar was ook verskeie bloukolle oor sy liggaam.
 
https://vaalweekblad.com/73920/vermiste-man-35-se-lyk-by-vaaldam-gevind/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button