News

Swaar straf vir juffrou na ontvoering

Swaar straf na ontvoering

Tharina Human en haar drie medebeskuldigdes is pas in hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg gevonnis vir die ontvoering van ‘n 6-jarige dogtertjie  van Vanderbijlpark net nadat haar ma haar by die skool afgelaai het op 2 September 2019. Haar ontvoerders wou R2 miljoen van die dogtertjie se pa hê. Sy is egter sonder dat die losprys betaal is, ongedeerd op 3 September gevind waar sy in die straat gelos is. Human, ‘n voormalige onderwyseres, is 15 jaar tronkstraf gegee vir die klag van ontvoering waarvan 5 jaar opgeskort is. Sy het ook 5 jaar gevangenisstraf gekry op die klag van poging tot afpersings  wat gelyktydig uitgedien sal word.

So lyk die drie medebeskuldigdes se vonnisse:

Die hof het Laetitia Nel 8 jaar tronkstraf opgelê vir die klag van ontvoering. HIervan is 3 jaar opgeskort.  Sy het ook 5 jaar gevangenisstraf gekry vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word. Pieter van Zyl het 13 jaar gevangenisstraf vir die klag van ontvoering gekry waarvan 5 jaar opgeskort is.Hy het ook 5 jaar tonkstraf gekry vir poging tot afpersing wat gelyklopend uitgedien sal word. Bafokeng Malemohi het vir die ontvoering 12 jaar gevangenisstraf gekry waarvan 5 jaar opgeskort is. Vir poging tot afpersing het hy 5 jaar gevangenisstraf gekry wat gelyklopend uitgedien sal word. Al vier het pleitooreenkomste met die staat aangegaan. (Bron: Netwerk24)

 

Related Articles

Back to top button