NewsNews

Man vas na hy met ma se kop betrap is

Man vas na hy met ma se kop betrap is

Die polisie het Saterdagaand (12 September) ‘n 25-jarige man by die Montshiwastad nedersetting naby, Mahikeng in hegtenis geneem.

Die polisie het Saterdagaand (12 September) ‘n 25-jarige man by die Montshiwastad nedersetting naby, Mahikeng in hegtenis geneem. Dit nadat sy ma se kop in ‘n sak by hom gevind is.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, provinsiale woordvoerder, het lede van die blitspatrollie op inligting dat die man glo ‘n kop by hom dra gereageer.

Met aankoms het die polisie die man deursoek waarna die kop in ‘n sak gevind is.

“Die verdagte het na bewering erken dat hy, sy ma op Maandag (7 September) in Pretoria vermoor het. Die motief vir die moord is nog onbekend. Hy sal na verwagting na Pretoria oorgeplaas word waar hy ‘n klag van moord in die gesig staar,” het Mokgwabone gesê.

Die provinsiale kommisaris, Lt. Gen. Sello Kwena het die flink optrede van die beamptes wat na die man se in hegtnisname gelei het, toegejuig.

https://potchefstroomherald.co.za/78025/man-vas-na-hy-met-ma-se-kop-betrap-is/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button