NewsNews

Sterrekyk op Deelfontein

Sterrekyk op Deelfontein

 

 

Die sterrekykseisoen is amper verby: Daar is meer vog in die lug en die kanse dat dit op die
goeie sterrekykgeleenthede om nuwemaan bewolk is, word groter. Nietemin, na die
noodgedwonge kansellering van die vorige geleentheid weens probleme met die teleskoop,
word twee aanbiedings vir die komende weke beplan. Op Saterdagaand 12 September en weer
op Saterdagaand 19 September sal sterrekykuitstappies aangebied word. Beide geleenthede
begin soos gewoonlik om 19:00 saans. Twee teleskope sal beskikbaar wees. Oor die tweede
naweek kom die Astronomievereniging van Suid-Afrika se Pretoria-tak op Deelfontein
sterrekyk, dus sal daar ´n hele groep sterrekundiges met hulle teleskope gereedstaan om
besoekers die wonders van die naghemel te wys. Komende Saterdag lei Frik le Roux, ook van
die astronomie-vereniging se Pretoriatak, die aanbieding, wat soos gewoonlik met ´n inleiding
in die seminaarkamer langs die sterrewag begin. Jupiter en Saturnus, die twee interessantste
planete, is tans goed sigbaar. Besoekers kan gerus vêrkykers saambring, want die groter
konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope.
Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam, al behoort die
nagtemperature reeds hoër te wees, want mens raak maar koud van die rondstaan.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, en die sterrewag is op
die plaas met rigtingwysers aangedui. Meld asseblief per epos aan by
gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784, en dui aan of die aanmelding vir 12
of vir 19 September geld.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button