NewsNews

Onderliggende oorsake van plaasmoorde moet ondersoek word

Onderliggende oorsake van plaasmoorde moet ondersoek word

Die besluit van die interministeriële komitee oor grondhervorming om die minister van polisie, Bheki Cele, te versoek om ’n volledige ondersoek te doen na die onderliggende oorsake vir plaasaanvalle en plaasmoord, is tydig en behoort so spoedig moontlik gedoen te word. Adjunkpresident David Mabuza staan aan hoof van die komitee.

Die leier van die VF Plus (dr. Pieter Groenewald) het in die onlangse parlementêre debat oor plaasmoord (1 September) ʼn beroep op die minister gedoen om só ʼn ondersoek te laat doen. Dr. Groenewald se versoek was dat die minister ʼn in diepte ondersoek na plaasmoord moet doen soos met die polisie se spesiale ondersoek na plaasaanvalle in 2003 om te sien wat die grondliggende oorsake daarvan is.

Die ondersoek sal deeglik en objektief moet wees en die verslag van 2003 se bevindings behoort hierby geïnkorporeer te word aangesien daar toe reeds bevind is dat daar vier hoofoorsake vir plaasaanvalle is. Hierdie vier oorsake was; politiek-gedrewe, rasgedrewe, die rol van grondhervorming en gewone misdaad.

Die VF Plus steun só ʼn ondersoek. Indien plaasmoord bekamp wil word, moet daar vasgestel word wat die oorsake daarvan is en wat dryf die misdadigers. Die VF Plus is nog altyd van mening dat dit nie net gewone misdaad kan wees nie weens die wreedheid wat met die aanvalle en moorde gepaard gaan. In baie gevalle vind moorde plaas terwyl niks geroof word nie. Dit bevestig die bevindinge van die 2003-verslag oor die redes vir die aanvalle en die volle omvang daarvan moet nou bepaal word.

Related Articles

Back to top button