NewsNews

Ligloop vir dié adders

Slange woelig in die omgewing - hou maar jou oë oop!

Parys – Jy moet maar ligloop vir dié adders! We Care het die afgelope week twee boomslange gevang by ‘n oord in die omgewing. Omdat temperature reeds baie warmer is, begin die slange beweeg na hul hibernasie en sal jy hulle al meer begin sien in die veld en waar jy dit dalk die minste verwag. Wees daarom baie versigtig en oplettend.

We Care het ook Desember inwoners gewaarsku om versigtig te wees met verskeie slange wat toe ook in die dorp gevang moes word.

Hieronder was rinkhalse, ‘n pofadder , en ‘n Kaapse Kobra. Aldrie baie giftig. ‘n Hele paar boomslange is toe ook gevang. Dit is veral na die reën en met baie mense wat  hul erwe skoonmaak en bourommel verwyder, dat dié adders kop uitsteek.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button