NewsNews

Só wil Vrystaat Landbou met die polisie saamwerk vir landelike beveiliging

Só wil Vrystaat Landbou met die polisie saamwerk vir landelike beveiliging

Verteenwoordigers van Vrystaat Landbou het Maandagmiddag, as deel van die organisasie se bewusmakingsveldtog en -aksie wat tot 11 September geloods word teen plaasaanvalle en -moorde, ’n memorandum van samewerking aan stasiekommissaris, kol. J. de Vos, oorhandig.

Tydens inperking kon massa optrede wat aanvanklik in die provinsie beplan was om die memorandums te oorhandig, nie gedoen word nie, en het verteenwoordigers die memorandums aan stasiekommissarisse landwyd oorhandig.

Hierdie memorandums sal nou na die provinsiale en nasionale kommissarisse asook die minister van polisie versprei word om die krisis rondom plaasaanvalle daadwerklik aan te spreek binne die landelike beveiligingstrategie.

Die memorandums is ’n verbintenis tot samewerking en die uitbreiding van ’n landelike beveiligingstrategie tussen die regering en kommersiële landbouers in die provinsie. Vrystaat Landbou vra in die memorandum die regering en die polisie om plaasaanvalle en moorde met groter erns aan te spreek.

Die organisasie verteenwoordig nagenoeg 3 200 kommer-siële landbouers wat toenemend die teiken is van plaasaanvalle en -moorde, wat nie net produsente nie, maar ook hul huisgesinne, werkers, bewoners en selfs besoekers op plase en kleinhoewes raak. Van die punte wat in die memorandum aangeraak word, sluit in beter kapasiteit van mannekrag en toerusting, veral ook in landelike gebiede om ernstige geweldsmisdaad effektief aan te spreek, terwyl gesamentlike wit/bloulig-patrollies, bewusmakingsveldtogte, simulasie oefeninge, besoeke aan plase, asook mobilisering en ondersteunig tydens plaasaanvalle om die skuldiges so vinnig moontlik aan te keer, bepleit word.

Related Articles

Back to top button