NewsNews

Loop maar lig vir dié huiskopers!

In 'n japtrap kan jy só jou juwele en wat nog als kwyt wees

  As jou huis in die mark is, hetsy dit by ‘n eiendomsagentskap gelys is of net op die intenet – jy moet maar lig loop vir dié huiskopers. Die afgelope week is die ou slenter van misdadigers om huiskoop as foefie te gebruik om jou rot en kaal te besteel, weer in Parys gesien.

Die vermeende kopers kom kwansuis huis kyk en terwyl jy ewe geesdriftig huis wys, vra een gewoonlik om die badkamer te gebruik, of lei jou aandag op een of ander manier af. En voor jy jou oë mooi kan uitvee is die huiskopers weg en so ook jou juwele of ander waardevolle items waarop hulle hul hande vinnig kon lê terwyl daar “huis gekyk” is. Wees dus maar gewaarsku – moenie mense in jou huis toelaat sonder afspraak of sonder dat jy weet wie jy in jou huis toelaat nie.

Maak ook seker jou huishulp, kinders of wie ookal by die huis is, weet as jy mense sou verwag by jou huis hetsy om huis te kyk of herstelwerk te doen. Wees ook maar gewaarsku – die diefstal van motorbattery is ook aan die orde van die dag. Talle motoreienaars het al by ‘n geparkeerde motor moes kom net om te sien dat die battery voete gekry het.

Misdadigers is jou altyd een voor, so wees waaksaam en maak seker jy meld verdagte persone en voertuie in jou omgewing sonder versuim by jou plaaslike polisiestasie aan.

Watter nommers skakel jy vir Parys SAPD?

056 816 2516 of

056 816 2519 of

071 675 9311  

063 922 9674

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button