NewsNews

Ngwathe beurtkrag: Eskom span die kar voor die perde in

Eskom wil weer hof toe

Esk

om het Vrydagmiddag summier kennis van appel geliaseer teen regter Anthony Millar se interim hofbevel wat onder meer Eskom verbied het om verdere kragvermindering in die dorpe Parys en Vredefort toe te pas. Dit op die laaste dag van die 5 dae wat Eskom luidens die hofbevel gegee is om sy tweede transformator in die Eskom-substasie in Parys te hertel. Dié is nog nie herstel nie. Maar die kragreus het gou agtergekom dat hy die spreekwoordelike kar voor die perde ingespan het, en toe Sondag eers aansoek om verlof tot appel gedoen. Die applikante in die hofgeding – die Vaalrivier Development Association (VRDA) en die Lekwa Belastingbetalersvereniging  sal nou Dinsdag met hul onderskeie advokate konsulteer om hul strategie te bespreek vir die vinnige beregting van wat gesê word, “Eskom se belemmerde houding is.”

Daar sou ook dan ooreengekom word op ’n plan van aksie wat die moontlikheid insluit om die keerdatum te vervroeg vir die finale bevel.  Die VRDA se saak is op dieselfde beginsels as die Lekwa Belastingbetalersvereniging teen Eskom gebring. \Die VRDA (Parys Besigheids- en Ontwikkelingsforum en die Parys Gemeenskapsaksie gesamentlik onder die vaandel van die Vaal River Development Association) het sy dringende aansoek teen Eskom, die Ngwathe Munisipaliteit, die nasionale elektrisiteitsreguleerder Nersa, die Vrystaatse premier, die LUR vir COGTA, en die minister van energiesake gebring, om ‘n stokkie te steek voor wat gesê is Eskom se eensydige afdwinging van daaglikse rotasie beurtkrag vir Parys is, en het naas die beurtkrag ook met Ngwathe se aansoek vir die verhoging van sy sogenaamde maksimum gekontrakteerde elektrisiteitsvoorsiening, of te wel die Notifyable Maximum Demand (NMD) gehandel.

Die verhoging van Ngwathe se NMD is tot dusver volstrek deur Eskom geweier.
 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button