NewsNews

Stop korrupsie! Ondersteuning vir Move One Million

Stop korrupsie! Ondersteuning vir Move One Million

VANDERBIJLPARK. – As jy vandag in die omgewing van Phoenix Park in die dorp is sal jy die Valies gewapen met Suid-Afrikaanse vlae en plakkate sien, asook die aahoudende geraas van motor-toeters hoor en besef dat mense vandag hul ontevredenheid oor die stand van sake in die land laat sien en hoor het.

  Dit was jy sien is die Move ONE Million vreedsame protesveldtog wat vanaf 10:00 regoor die land plaasvind. Dieselfde man wat die gewilde Facebookgroep #ImStaying geskep het (Jarette Petzer) staan aan die hoof van die geskiedkundige optog. Hy het op Facebook ‘n beroep gedoen dat almal in vreedsame protes op 5 September saamstaan. Teen wat staan almal Saterdag saam? Teen die korrupsie in die land!

 
 

Petzer is beslis nie die enigste een wat moeg is vir al die korrupsie in die land nie, want nie net in Suid-Afrika nie, maar in verskeie ander lande gaan almal die optog ondersteun. Deur die optog te steun sal die boodskap hopelik deur die regte mense gehoor word, want Suid-Afrika se toekoms lyk al bleker en bleker.

 
Fotobeeld van vandag se vreedsame Move One Million protesveldtog by Phoenix Park in Vanderbijlpark. Foto’s: Elsje Vermeulen

 

 
https://vaalweekblad.com/72726/72726/
 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button