NewsNews

Nuwe wiele vir William

Nuwe wiele vir William

 

Toe Etienne Beukes een middag vir William Motsemi en sy seuns in die straat met hul lendelam perdekar sien ry, het hy geweet – dit is hier waar hy ’n verskil gaan maak!

Die wa wat deur William en sy seuns gebruik is vir hul perdekar vervoeronderneming, het beslis beter dae geken sedert sy pa, Elias die eerste keer sy perde voor die wa gespan het.

Elias wat sedertdien oorlede is, het die wa 50 jaar gelede eiehandig gebou. Na Elias se dood het William en sy seuns die onderneming oorgeneem. Etienne het sommer dadelik besluit dat ’n nuwe wa gebou moet. Hy het die direkteure van Sky Rail, Paulus Nopheshe en Ryno Beukes, gevra om te help.

Verlede week is dié netjiese wa aan William en sy seuns oorhandig. Nodeloos om te sê dat dié weldaad en hupstoot vir William se onderneming met groot dankbaarheid en blydskap ontvang is.

Related Articles

Back to top button