NewsNews

Hoekom nog munisipale beurtkrag?

Dit is wat jy moet weet

Eskom het vanmiddag om 15:00 oorbeweeg na fase 4 landwye beurtkrag en gewaarsku dat die kragnetwerk onder enorme druk is wat vererger word deur verhoogde kragverbruik weens die koue. Vroeër die week is boonop  gesê dat nasionale beurtkrag vir die res van die week kan voortduur.

Maar na verlede week se hofbevel deur regter Millar in die Pretoriase Hoë Hof waarin hy Eskom verbied het om verdere kragvermindering in die dorpe Parys en Vredefort, toe te pas, is daar nou groot verwarring onder Parysenaars oor waarom daar steeds daaglikse munisipale rotasie beurtkrag toegepas word bykomend tot die nasionale Eskom beurtkrag.

Dit is wat jy moet weet:

Regter Millar het in sy uitspraak ook beslis dat Eskom sy tweede transformator in die Eskom substasie in Parys moet herstel en is ‘n grasietydperk van 5 werksdae hiervoor gegee m.a.w tot Vrydag 4 September.

Dit beteken dat Parys dus steeds tans munisipale rotasie beurtkrag het om die enkele werkende transformator teen oorlading te beskerm. Sou daar nie verhoed word dat die transformator oorlaai word nie, loop Parys die gevaar om weer soos in Mei vanjaar  vir dae sonder krag te wees. Tot tyd en wyl die tweede transformator dus herstel is, sal daar geen ander keuse wees as om steeds daagliks munisipale rotasie beurtkrag toe te pas.

Dieselfde rotasie beurtkragskedule word derhalwe steeds deur die munisipaliteit gevolg en kan jy vandeesweek verwag om vir langer tye sonder krag te wees met beide munisipale en Eskom beurtkrag wat nou toegepas word. Vir verbruikers se gerief is die onderskeie fase tye van nasionale Eskom beurtkrag op die tabel hierbo aangedui. Om die tabel so eenvoudig moontlik te hou is daar nie tye na 22:00 en voor 08:00 aangedui nie.

Sou jou krag buite die geskeduleerde tye af wees is dit belangrik om dit te rapporteer omdat daar steeds probleme op die kragnetwerk kan opduik en moet jy nie aanvaar dat beurtkrag vir alle kragonderbrekings te blameer is nie. Hier is weer die munisipale rotasie beurtkragskedule met die kleurkodering wat steeds van toepassing is bo en behalwe nasionale Eskom beurtkrag, totdat die tweede transformator in die Eskom substasie in Parys herstel is. 

 

Related Articles

Back to top button