News

Graham Fletcher: ‘n Man wat ander se nood kon sien

Sy lewe was vol goedheid vir hulle met wie sy paaie gekruis het.

 

Parys het vandag ‘n groot man verloor. Iemand wat geleef het vir sy geloof en elkeen wat oor sy pad gekom het.

Graham Fletcher van Lotsha Ministries is vanoggend, Dinsdag 1 September, in die ouderdom van 73 jaar oorlede.

Graham se hande was oop – vir die straatkinders, hulle wat honger was, hulle wat deur dwelmafhanklikheid afgetakel is, die in die gevangenis.

Of dit berading was, of bediening van die Woord – hy het geluister, maar ook gehelp.

In lengte wat hy nie ‘n groot man nie, maar sy hart was onbeskryflik groot vir mense se nood.

Saam met sy vrou, Pam, het hy die gemeenskap vir jare gedien met sy bediening, maar ook as sakeman en vriend.

Hy het die afgelope tyd ‘n pad met sy gesondheid geloop wat uiteindelik vanoggend vir hom die laaste tree was. Maar die spore wat Graham Fletcher in Parys nalaat sal onthou word deur sovele wie se nood hy raakgesien het.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button