NewsNews

Bejaardes helder oor dag aangeval

Bejaardes helder oor dag aangeval

Die 77-jarige Piet Brand en sy vrou Terien (77), is vanoggend 11:30 in hulle huis in Wilgerstraat in SE3 in Vanderbijlpark deur drie gewapende mans aangerand, vasgebind en beroof.

 

Volgens ‘n bebloede mnr. Brand, ‘n bekende in sportkringe in die Vaaldriehoek, is dit nog onduidelik hoe die drie mans toegang tot hulle erf gekry het.  Brand-hulle se tuin- en huiswerkers is ook tydens die rooftog met ‘cable ties’ vasgemaak. “Ek was besig in my studeerkamer en het gewag dat die tuinjong met sy take moes klaarmaak. Toe ek weer sien toe staan een van hulle langs my en druk die geweer teen my oog en sê hy gaan my skiet. Ek vra toe vir hoekom ek? Waarop hy geantwoord het dat hulle ons al lank dophou. Hy het my oor die kop geslaan en gesê ek moet sit of hy skiet my.

Die rowers het gewapen met ‘n koevoet en ‘n pik een van die egpaar se kluise uit die muur gebreek en die rakke in die kas stukkend geslaan en der duisende rande se juwele gesteel. Mnr. Brand het sy sleutel vir sy geweerkluis aan hulle oorhandig.

Mev. Brand is kort hierna in die oprit oorval nadat sy teruggekeer het van die karwas. “My kop draai nog, alles het so vinnig gebeur,” het sy geskok gesê.

Mnr. Brand se rewolwer en ammunisie asook sy vrou se selfoon, klere en die kontant wat sy by haar gehad het, is ook tydens die rooftog gebuit, waarna die rowers gevlug het. “Ons het die noodknoppie gedruk en Rescom was vinnig op die toneel. Van die bure het die polisie ontbied wat ook vinnig op die toneel was,” het Brand na die rooftog aan Vaalweekblad gesê.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Bejaardes helder oor dag aangeval

Related Articles

Back to top button