News

Vier beseer na botsing op Mooibankpad

Vier mense beseer na botsing op Mooibankpad

 

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waar ‘n man wat glo in sy 50’s is, binne ‘n voertuig vasgekeer was. “Die provinsiale ambulansdienste was besig om drie van die beseerdes te behandel,” het Meiring gesê. Die plaaslike brandweer het die man uit die voertuig bevry waarna hy op die toneel behandel is en na Potchefstroom hospitaal vir verdere behandeling geneem is. Die ander drie beseerdes is ook na dié hospitaal geneem vir behandeling. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

https://potchefstroomherald.co.za/77548/vier-mense-beseer-na-botsing-op-mooibankpad/

Related Articles

Back to top button