NewsNews

Altesaam 48 blouligkapings in Gauteng ondersoek

Altesaam 48 blouligkapings in Gauteng ondersoek

 

Die polisie se provinsiale woordvoerder in Gauteng, Mathapelo Peters, het in ’n televisieonderhoud met M-Net se aktualiteitsprogram Carte Blanche gesê dat die polisie ’n spesiale taakmag op die been gebring het om blouligbendes wat in die provinsie bedrywig is, te beveg.

 

Peters het gepraat op ’n episode van Carte Blanche oor blouligkapings op die R59 wat Sondag, 16 Augustus uitgesaai is. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Gauteng is bewus van hierdie blouligkapings en het ‘n taakspan aangewys om aan hierdie sake te werk,” het Peters aan die joernalis Macfarlane Moleli gesê. Peters het ook in antwoord op vrae gesê dat die polisie tans op provinsiale vlak 48 sake van blouligkapings ondersoek, met 25 van hierdie sake wat reeds in howe is vir die verhoor.

Volgens haar is altesaam 27 mense reeds in verband met blouligkapings in Gauteng in hegtenis geneem. Sy het benadruk dat nie al hierdie sake verband hou met kapings wat op die R59 plaasgevind het nie. Sommige van die misdade is op paaie elders in die provinsie gepleeg.
Talle motoriste is die afgelope paar maande langs die R59-snelweg tussen Johannesburg en Vereeniging gekaap, onvoer en beroof.

In sommige gevalle is kledingstukke oor slagoffers se koppe getrek en is hulle vir ure lank met wapens aangehou. In Februariemaand is daar berig or die 64-jarige Priscilla Pillay wat inmekaargesak en gesterf het toe sy en haar man Selvin (68) naby die Engen Blockhouse deur ’n blouligbende gekaap en aanghou is. Daar is ook berig oor die 21-jarige Bran-don Kruger wat op 12 Junie deur ’n blouligbende op die R59 naby die Swartkoppies-afrit beroof en aangehou is. Skaars ’n maand later, op 13 Julie, het die bekende plaaslike prokureur David Mey en sakeman, Sarel van Zyl, ook onder blouligkapers deurgeloop toe hulle van ’n jagnaweek af teruggekeer het.

In ander voorvalle is Colin Sampson, ’n inwoner van Johannesburg, in September op ’n soortgelyke wyse langs die R59 gekaap toe hy van die lughawe af gery het. George en Belinda Venter van Sasolburg is in Meimaand langs die R59 gekaap toe hulle vanaf Johannesburg na die Vaaldriehoek teruggekeer het. Volgens die nuutste misdaadsyfers wat onlangs uitgereik is, het die aantal motorkapings in vergelyking met verlede jaar met 13.3% gestyg.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Altesaam 48 blouligkapings in Gauteng ondersoek

Related Articles

Back to top button